Pous Johannes Paulus II

Pous Johannes Paulus II
Geboortenaam Karol Józef Wojtyła
Pontifikaat begin 16 Oktober 1978
Pontifikaat eindig 2 April 2005
Voorganger Johannes Paulus I
Opvolger Benedictus XVI
Gebore 18 Mei 1920
Wadowice, Pole
Sterf 2 April 2005 (op 84)
Vatikaanstad
Ander pouse genaamd Johannes Paulus
Sint Pous Johannes Paulus II
Gebore 18 Mei 1920, Wadowice, Pole
Sterfte 2 April 2005, Vatikaanstad
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Saligverklaring 1 Mei 2011, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Benedictus XVI
Heiligverklaring 27 April 2014, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus
Feesdag 22 Oktober
Attribute Pouslike Ferula, pouslike klere
Beskermheilige Krakow, Pole, Wêreldjeugdag, jong Katolieke, Świdnica,[1] gesinne,[2] Wêreldvergadering van Gesinne 2015

Pous Johannes Paulus II (Latyns: Ioannes Paulus PP. II, Italiaans: Giovanni Paolo II; gebore as Karol Józef Wojtyła in Wadowice, Pole, op 18 Mei 1920Vatikaanstad, 2 April 2005) was die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 16 Oktober 1978 tot sy dood op 2 April 2005. Hy was die eerste nie-Italiaanse pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 455 jaar (naamlik sedert die pontifikaat van die Nederlandse pous Adrianus VI in 1523), en die eerste Slawiese pous in die geskiedenis. Sy pontifikaat was die op twee na die langste in die geskiedenis (na dié van Simon Petrus en pous Pius IX). Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig' en ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'. Tot die verkiesing was Karol Józef Wojtyła aartsbiskop en kardinaal-priester van Krakow.

  1. (en) "John Paul II proclaimed the patron saint of Świdnica". 9 Mei 2012. Besoek op 2 Mei 2014.
  2. (en) "St. John Paul II, the patron saint of families". 27 April 2014. Besoek op 2 Mei 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy